English
IN HIERDIE AFDELING

 

Direksie

RACHEL JAFTA
  Rachel Jafta (53), MEcon en PhD, is ’n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het in 2003 as ’n direkteur by Naspers aangesluit en is in 2007 as ’n direkteur van Media24 aangestel. Sy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Ekonomievereniging, direkteur van Econex, voorsitter van die Kaapstad Karnavaltrust, en ’n raadslid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge. Sy is ’n lid van Media24 se mensehulpbronne- en vergoedingskomitee en voorsitter van Media24 se nominasiekomitee. Sy is in April 2013 as voorsitter van Media24 se direksie aangestel.
ASHOEK ADHIKARI
  Ashoek Adhikari (51) is die hoofbestuurder verantwoordelik vir regsdienste by Media24. Hy is ’n prokureur van beroep en nadat hy 10 jaar lank as prokureur gepraktiseer het, het hy na die openbare sektor geskuif, waar hy verskeie poste in die provinsiale administrasie van die Wes-Kaap beklee het. Voordat hy by Media24 aangesluit het, was hy hoofbedryfsbeampte in die kantoor van die premier. Hy is tans voorsitter van die ouditkomitee van die Prokureursgetrouheidsfonds en adjunkvoorsitter van die Isandla Instituut. Hy dien in die raad van Accelerate Cape Town en van die Ekonomiese Ontwikkelingsvennootskap vir die Wes-Kaap.
PETER GOLDHAWK
  Peter Goldhawk (68) is ’n geoktrooieerde rekenmeester en ’n afgetrede vennoot van PricewaterhouseCoopers Geïnk. (PwC). Hy is nou ’n direkteur van Goldhawk Corporate Advisory. Hy was verantwoordelik vir die ontwikkeling en bestuur van die Phuthuma en Phuthuma Futhi SEB-skemas wat laat in die 1990’s by M-Net en SuperSport ingestel is. Hy was ook ten nouste betrokke by die bekendstelling van MultiChoice and Media24 se huidige SEB-skemas in Phuthuma Nathi en Welkom Yizani. Hy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters, die JSE se noteringsadvieskomitee en ’n direkteur van die Raad op Finansiële Dienste se direktoraat: Markmisbruik.