English
IN HIERDIE AFDELING

 

Oorsig van die groep

Oorsig van die groep

Media24 is ’n toonaangewende mediagroep in Afrika. Sy bedryfsmaatskappy, Media24 Eiendoms Beperk (tans ’n privaat maatskappy), is in 1950 as ’n publieke maatskappy met beperkte aanspreeklikheid geïnkorporeer. Die groep het belange in koerante, tydskrifte en digitale uitgewery, asook drukwerk, verspreiding, boekuitgewery, e-handel en finansiële data. Hierdie aktiwiteite word hoofsaaklik in Suid-Afrika bedryf, met sekere bedrywighede in uitgesoekte gebiede in die res van Afrika, soos Nigerië en Kenia. Die meeste van ons ondernemings is markleiers in hul sektore.