English
IN HIERDIE AFDELING

 

Direksie

Rachel Jafta   Peter Goldhawk   Ashoek Adhikari

Rachel Jafta (54), MEcon en PhD, is ’n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch (US). Sy het in 2003 as ’n direkteur by Naspers aangesluit en is in 2007 as ’n direkteur van Media24 aangestel. Sy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Ekonomievereniging, direkteur van Econex, voorsitter van die Kaapstad Karnavaltrust en ’n lid van die bestuurskomitee van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die US. Sy is ’n lid van Media24 se mensehulpbronne- en vergoedingskomitee en voorsitter van die nominasiekomitee. Sy is in April 2013 as voorsitter van die Media24-direksie aangestel. In 2015 is sy in die internasionale adviesraad van die Brasiliaanse sakeskool Fondação Dom Cabral aangestel.
 

Peter Goldhawk (69) is ’n geoktrooieerde rekenmeester en ’n afgetrede vennoot van PricewaterhouseCoopers Geïnk. Hy is nou ’n direkteur van Goldhawk Corporate Advisory. Hy was verantwoordelik vir die ontwikkeling en bestuur van die Phuthuma- en die Phuthuma Futhi SEB-skemas wat laat in die 1990s by M-Net en SuperSport ingestel is. Hy was ook ten nouste betrokke by die bekendstelling van MultiChoice and Media24 se huidige SEB-skemas deur Phuthuma Nathi en Welkom Yizani onderskeidelik. Hy is ’n nie-uitvoerende direkteur van Right to Care NPC en ’n trustee van The Sports Trust. Hy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters, die JSE Beperk se noteringsadvieskomitee en ’n direkteur van die Raad op Finansiële Dienste se direktoraat vir markmisbruik.
 

Ashoek Adhikari (52) is die hoofbestuurder verantwoordelik vir regsdienste by Media24. Hy is ’n prokureur van beroep en nadat hy 10 jaar lank as sulks gepraktiseer het, het hy na die openbare sektor geskuif, waar hy verskeie poste in die provinsiale administrasie van die Wes-Kaap beklee het. Voordat hy by Media24 aangesluit het, was hy bedryfshoof in die kantoor van die premier. Hy is tans voorsitter van die ouditkomitee van die Prokureursgetrouheidsfonds en adjunkvoorsitter van die Isandla Instituut. Hy dien in die raad van Accelerate Cape Town en van die Wes-Kaapse Ekonomiese Ontwikkelingsvennootskap.
Jo-Ann Held

Jo-Ann Held (34) het die graad BComRegte aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Sy is ’n mediaentrepreneur wat onder meer haar eie spitstyd-televisieprogram vervaardig en aangebied het. Sy is ’n glansambassadeur vir Unicef. Sy het ook verskeie ondernemings en is ’n direkteur van Partnership Investments, ’n maatskappy met belange in media, mynbou en eiendom. Sy dien in die Wes-Kaapse raad van Ubuntu Botho (deel van Sanlam), die adviesraad van die US se sakeskool en die direksie van M&C Saatchi Abel.