English
IN HIERDIE AFDELING

 

Direksie


Rachel Jaft   Salie de Swardt   Hein Willemse

Rachel Jaft (54), MEcon en PhD, is ’n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch (US). Sy het in 2003 as ’n direkteur by Naspers aangesluit en is in 2007 as ’n direkteur van Media24 aangestel. Sy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Ekonomievereniging, direkteur van Econex, voorsitter van die Kaapstad Karnavaltrust en ’n lid van die bestuurskomitee van die Buro vir Ekonomiese Oandersoek aan die US. Sy is ’n lid van Media24 se mensehulpbronne- en vergoedingskomitee en voorsitter van die nominasiekomitee. Sy is in April 2013 as voorsitter van die Media24-direksie aangestel. In 2015 is sy in die internasionale adviesraad van die Brasiliaanse sakeskool Fondação Dom Cabral aangestel.
  Salie de Swardt (71) het die kwalifikasies BAHons en BEcon aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en was ’n Nieman-genoot aan Harvard-universiteit. Gedurende sy loopbaan by Naspers was hy finansiële redakteur en redakteur van Beeld. Hy was ook die stigtersredakteur van Finansies & Tegniek (nou Finweek), uitvoerende hoof van Media24 Tydskrifte en besturende direkteur van Media24 vanaf 2000 tot met sy aftrede in 2005. Hy is sedert 2013 voorsitter van Media24 se oudit- en risikokomitees.  

Hein Willemse (57) het die grade BAHons (cum laude), MA (cum laude), MBL en DLitt verwerf. Hy is tans letterkundeprofessor in die departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Hy is ’n direksielid of trustee van verskeie nasionale en internasionale vakverenigings en gemeenskapsorganisasies.
Koos Bekker   Debra Meyer   Ruda Landman

Koos Bekker (62) het die span gelei wat die betaaltelevisie-onderneming M-Net/MultiChoice in 1985 gestig het. Hy was ook ’n stigter van die selfoonoperateur MTN. Hy het die MIH-groep aangevoer in sy internasionale en internetuitbreiding tot in 1997, toe hy uitvoerende hoof van Naspers geword het. Hy dien in die direksies van verskeie openbare instansies. Hy het in 2014 uitgetree as uitvoerende hoof van Naspers en is in April 2015 as voorsitter van Naspers aangestel.
 

Debra Meyer (48) is ’n professor in biochemie en uitvoerende dekaan van die fakulteit natuurwetenskappe aan die Universiteit van Johannesburg. Sy was ’n Fulbright-beurshouer aan die universiteit van Kalifornië (Davis), waar sy ’n PhD-graad in biochemie en molekulêre biologie verwerf het. Sy het modules in mediastrategie en akademiese leierskap by Harvard en Gibs (Universiteit van Pretoria) voltooi en lewer gereeld bydraes vir verskeie koerante en tydskrifte. Sy dien as trustee of raadslid van verskeie organisasies.
 

Ruda Landman (61) het aan die Universiteit Stellenbosch (US) gestudeer en 30 jaar lank as joernalis gewerk – die laaste 19 jaar tot 2007 as mede-aanbieder van die M-Net-program Carte Blanche. Sedertdien doen sy vryskutwerk in die kommunikasie- en mediabedryf. Sy het in 2011 ’n eredoktorsgraad van die US ontvang vir haar werk as joernalis. Sy is voorsitter van Media24 se veiligheid-, gesondheid- en omgewingskomitee en mensehulpbronne- en vergoedingskomitee en ook ’n lid van die nominasiekomitee.
Jo-Ann Held   Esmaré Weideman   Manie Mayman

Jo-Ann Held (34) het die graad BComRegte aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Sy is ’n media-entrepreneur wat onder meer haar eie spitstyd-televisieprogram vervaardig en aangebied het. Sy is ’n glansambassadeur vir Unicef. Sy het ook verskeie ondernemings en is ’n direkteur van Partnership Investments, ’n maatskappy met belange in media, mynbou en eiendom. Sy dien in die Wes-Kaapse raad van Ubuntu Botho (deel van Sanlam), die adviesraad van die US se sakeskool en die direksie van M&C Saatchi Abel.
 

Esmaré Weideman (53) het die kwalifikasies BCom en BJoernalistiekHons (albei cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy het meer as 25 jaar ervaring as joernalis, politieke beriggewer, nuusredakteur en redakteur by van die land se voorste publikasies. Sy was hoofredakteur van Media24 se vlagskip-weekblaaie Huisgenoot, YOU en DRUM voordat sy in 2011 as uitvoerende hoof van Media24 aangestel is. Sy is ’n direkteur van Media24 en Novus Holdings Beperk (voorheen Paarl Media Group).
 

Manie Mayman (60) is ’n geoktrooieerde rekenmeester en het die grade BComptRekHons en BComHons (finansiële bestuur) deur Unisa verwerf. Hy is ’n voormalige finansiële direkteur van BP Suider-Afrika Eiendoms Beperk, met algehele verantwoordelikheid vir die finansiële bestuur van BP se raffinering- en bemarkingsbedrywighede in Afrika suid van die Sahara. In September 2007 is hy as finansiële hoof van Media24 aangestel. Hy het die maatskappy verlaat en in 2011 teruggekeer as finansiële hoof van Media24 Nuus. Hy is in Januarie 2014 aangestel as die Media24-direkteur verantwoordelik vir die finansiële funksie.
Trevor Petersen  

Trevor Petersen (59) is ’n geoktrooieerde rekenmeester met meer as 30 jaar ondervinding. Hy het in 1987 ’n BComHons-graad in finansiële bestuur aan die Universiteit Kaapstad (UK) verwerf. Hy het lank as ’n uitvoerende vennoot by PwC en later as voorsitter van hul Wes-Kaapse tak gewerk. Hy is sedert 2010 ’n nie-uitvoerende direkteur van Mediclinic Southern Africa Beperk, sedert 2012 ’n direkteur van Mediclinic International Beperk en sedert 2011 ’n direkteur van die genoteerde mynmaatskappy Petmin Beperk. Hy dien ook op die direksie van Robinson Liquors Eiendoms Beperk, wat as Ultra Liquors sake doen. Hy dien sedert 2002 in die raad van die UK, is sedert 2004 voorsitter van hul finanskomitee en sedert 2012 voorsitter van die raadgewende raad van die universiteit se College of Accounting.
 

Direkteure en bywoning van vergaderings

  Eerste datum aangestel in
huidige pos
Laaste datum
aangestel
Vyf direksievergaderings
gedurende die
jaar gehou.
Bywoning:
Kategorie
R C C Jafta 9 Februarie 2007 2 September 2013 5 Onafhanklik nie-uitvoerend
S J Z Pacak(1) 1 April 2009 1 September 2014 5 Nie-uitvoerend
H R Botman(2) 14 September 2006 14 September 2006 2 Onafhanklik nie-uitvoerend
G M Landman 14 September 2006 2 September 2013 5 Onafhanklik nie-uitvoerend
S S de Swardt 14 September 2006 1 September 2014 5 Onafhanklik nie-uitvoerend
J P Bekker(3) 1 April 2015 1 April 2015 0 Nie-uitvoerend
E Weideman 1 Julie 2011 16 September 2011 5 Uitvoerend
D Meyer 1 April 2013 1 April 2013 5 Onafhanklik nie-uitvoerend
L N Jonker(4) 21 November 2013 21 November 2013 5 Onafhanklik nie-uitvoerend
N P van Heerden(5) 21 November 2013 21 November 2013 5 Onafhanklik nie-uitvoerend
H S S Willemse 21 November 2013 21 November 2013 5 Onafhanklik nie-uitvoerend
J C Held 1 Januarie 2014 1 Januarie 2014 5 Onafhanklik nie-uitvoerend
A Mayman 1 Januarie 2014 1 Januarie 2014 5 Uitvoerend
Aantekeninge    
(1) Bedank 30 Junie 2015. (4) Uitgetree 30 Junie 2015.
(2) Oorlede 28 Junie 2014. (5) Uitgetree 31 Maart 2015.
(3) Aangestel 1 April 2015.

Komitees en bywoning

  Uitvoerende
komitee
Mense-
hulpbronne-
en
vergoedings-
komitee1
Nominasie-
komitee1
Veiligheids-,
gesondheids- en
omgewings-
komitee1
Ouditkomitee1 Risiko-
komitee
  Een
vergadering
gedurende die
jaar gehou.
Bywoning:
Vyf vergaderings
gedurende die jaar gehou.
Bywoning:
Twee
vergaderings
gedurende die
jaar gehou.
Bywoning:
Vier vergaderings
gedurende die jaar gehou.
Bywoning:
R C C Jafta 1 5 5     4 4
S S de Swardt 1     4 4
J P Bekker(2)                        
S J Z Pacak(3) 1                 3
G M Landman 1 5 5 2        
SL N Jonker(4)             2 4 4
H S S Willemse             2        
H R Botman(5)             1        
E Weideman 1                 4
D Meyer             2        
N P van Heerden(6)     5 5            
J C Held                 4 4
A Mayman 1                 4
Aantekeninge
Lid.
(1) Uitvoerende direkteur(e) woon op uitnodiging by.
(2) Aangestel 1 April 2015.
(3) Bedank 30 Junie 2015.
(4) Uitgetree 30 Junie 2015.
(5) Oorlede 28 Junie 2014.
(6) Uitgetree 31 Maart 2015.