English
IN HIERDIE AFDELING

 

Blik op die groep

Visie en strategie

Media24 is ’n toonaangewende mediagroep in Afrika en deel van Naspers, ’n multinasionale groep media- en e-handelplatforms. Sy bedryfsmaatskappy, Media24 Eiendoms Beperk (’n privaat maatskappy), is in 1950 as ’n openbare maatskappy met beperkte aanspreeklikheid geïnkorporeer.

Die groep het belange in koerante, tydskrifte en digitale uitgewery, asook drukwerk, verspreiding, boekuitgewery, e-handel en finansiële data. Die meeste van ons ondernemings is markleiers in hul sektore. Ondernemings word hoofsaaklik in Suid-Afrika bedryf, met sekere bedrywighede in buurlande en uitbreiding na voorkeurmarkte in die res van Afrika, soos Nigerië en Kenia.

Ons besigheid

Wat is ons soort besigheid?

Innoverende multiplatformmediaprodukte en -dienste geskep deur passievolle mense om die lewens van ons gebruikers wêreldwyd te verryk.

Watter dienste lewer ons?

Ons lig in, vermaak, voed op en verbind mense met mekaar deur druk-, digitale en e-handelplatforms.

Wat is ons strategie?

Om Media24 te vernuwe om relevant en nuttig te bly vir ons gebruikers en kliënte en waarde vir ons aandeelhouers te skep.