English
IN HIERDIE AFDELING

 

Strategie

In ’n medialandskap wat gedurig verander, streef ons daarna om Media24 voortdurend te vernuwe om relevant en nuttig vir gebruikers en kliënte te bly, en waarde vir ons aandeelhouers te skep.

Strategiese fokus

Ons bou ’n toonaangewende gediversifiseerde mediamaatskappy in Afrika en wil ons klante se lewens verryk deur hulle in te lig, op te voed, te vermaak en met mekaar te verbind deur middel van ons druk-, digitale en e-handelplatforms. Ons wil ook bydra tot die gemeenskappe waarin ons werk.

Om ons mededingende voorsprong te behou, probeer ons die beste talent lok en behou – mense met ’n passie vir uitnemendheid is die hartklop van Media24. Al hierdie faktore dra by om ’n volhoubare, toekomsgerigte onderneming te bou.