English
IN HIERDIE AFDELING

 

Gemeenskappe

As ’n medialeier in Suid-Afrika wil Media24 sy handelsmerke deel van mense se lewens maak en van diens wees in die gemeenskappe waarin hy bedrywig is. Ons het die afgelope jaar meer as R60m in kontant, produkte en mediablootstelling in verskeie gemeenskapsprojekte belê, met ’n spesiale fokus op onderwys, opleiding in digitale media en ondernemingsontwikkeling. Die groep ondersteun ook gemeenskappe met projekte wat regstreeks betrekking het op behoeftes binne elke gemeenskap en aspekte soos volhoubaarheid, water en energie, kuns en kultuur.